When someone owes you something they can’t give back

Waar my lewe begin verkeerd gaan het, was toe ek verkrag is toe ek agtien was. Daarna was alles verkeerd. Ek was in ‘n verhouding maar ek het die verkragting en dat ek swanger geraak het daarvan vir almal weggesteek omdat ek bang en skaam was. Ons is toe gou getroud en ek het probeer voorgee dat dit my man se kind was, maar hy het natuurlik sommetjies gemaak en agtergekom dis nie waar nie. Daarna het hy my nooit weer vertrou nie. Hy het my heeltyd van verhoudings beskuldig en name genoem. Ek was nie toegelaat om uit te gaan nie, met ander mans te gesels nie of om vir my mooi te maak of te grimeer nie. Hy het egter rondgeslaap en vir my aanhoudend geskel, gevloek en geslaan. Ek was vir sewentien en ‘n half jaar getroud en het van hom geskel toe hy weer vir die soveelste keer ‘n ander vrou gehad het. Hy het gedurig gegaan en gekom. Na die skeiding het hy nog vlr drie of vler jaar voortgegaan om my te vloek, skel en aan te rand al was hy al met ‘n nuwe vrou getroud, ten spyte van ‘n interdik. Uiteindelik het hy opgehou toe ek die polisie sover kon kry om die interdik in werking te stel. Al die jare het ek hierdie las gedra, maar my pak was te swaar. Ek was onregverdig behandel, hy skuld my iets wat hy nie kan teruggee nie. Uiteindelik het ek by die kliniek met die dokter gepraat wat my na die sielkundige verwys het hier by die hospitaal. Hoe gaan dit nou met my? Daar is ‘n baie groot verskil. Ek voel gelukkig en dra nie meer ‘n wrok nie – ek het my swaar pak heeltemal afgelaai. Nou gaan dit baie Iekker. In plaas daarvan dat ek kwaad raak, baklei ek nie meer met my dogter nie. Ek sien ‘n nuwe toekoms en sal selfs nie meer baklei en skel met my eks wanneer ek hom teekom nie.