Om weer te kan sê: “Ek is jammer”

Ek as persoon bevind my in ‘n bevoorregte posisie om te kan getuig van die voordeel wat die unieke sessies by Goeie Hoop Sielkundige Diens my besorg het. Met aanvang van die sessies was ek, om dit eerlik te stel, ‘n bedrukte persoon wat soms aggressiewe buie ondervind het. Van nature is ek, of beskou ek myself egter as ‘n baie stil persoon wat nie baie gemeng het met ander nie – ‘n persoon wat rustig wil wees. Ek het egter in ‘n groef verval wat bestaan uit werk, tv kyk, en rus. Dit was ‘n siklus waaruit ek nie kon ontsnap nie. Die een vir wie ek omgee en liefhet, het my egter oorreed om hulp te kry, want selfs my optrede teenoor haar was nie wat dit voorheen was nie. Op daardie tydstip het ek tot die besef gekom dat dit my net tot voordeel kan strek – en dit het, want vandag is ek definitief weer my ou self. Terug is die wil en die besef dat jy ook ander moet respekteer en hul gevoelens in ag neem. Maar die grootste was om weer te sê, “Ek is jammer,” en om verskoning te vra as ek fouteer het. Om alles op te som: die sessies was net wat ek as persoon nodig gehad het om weer my wilskrag en motivering terug te kry. Dit egter moet ek eerlik byvoeg, was te danke aan die goeie en onbaatsugtige werk wat beskikbaar gestel word deur die Goeie Hoop Sielkundige Diens. Helaas is ek nou my ou self en ‘n meer gemotiveerde persoon. Baie dankie vir u goeie werk en onbaatsugtige diens. Mag God u seën