Moenie moeg word om goed te doen nie

Hi Helene my naam is XXX, ek was verlede jaar by u met my dogter YYY.  Ek het gedink ek wil u net laat weet dat dit goed gaan met ons, dat my man sy hart intussen vir die Here gegee het.  YYY vaar baie goed op skool.  Haar laaste eksamen se verslag was uitstekend, met simbole van 6 en 7 en waarvan 7 die hoogste is wat hulle moet kry.  Ek was en is verskriklik dankbaar vir u hulp.  Dit het vir YYY baie gehelp.  Sy praat ook baie van u en hoe u haar gehelp het.  Baie, baie, baie dankie, ek weet dit is u werk maar u gee soveel om!!  Moenie moeg word om goed te doen nie.