Ek voel vry om te gesels

Vanweë ‘n tekort aan finansies was dit nog nooit moontlik vir my as kunstenaar en liedjieskrywer om volgehou sielkundige behandeling te ondergaan nie. Dit was vir my ‘n groot voorreg en ook ‘n uitkoms om uiteindelik hier by Goeie Hoop Sielkundige Diens gehelp te word. Dis was moeilik vir my om met ‘n onbekende terapeut te begin werk, maar ook spesifiek goed vir my omdat ek geneig is om afhanklik te raak van my emosionele hulp (wat vriende was in die verlede). By GHSD het ek geleer om vir myself op te staan en om myself te help. Nogtans dankie vir almal wat dit vir my moontlik gemaak het. Ek verstaan my seun nou baie beter en het baie meer geduld met hom. Ek hou nou ook meer van myself omdat ek nie so baie op hom skel nie. Ek raai ieder en elk aan wat ly aan depressieof stres of wat persoonlike probleme het waarmee hulle nie kan ‘cope’ nie om sielkundige behandeling te kry. Vir my is dit baie belangrik, want sielkundige hulp help jou om na die lewe te kyk met nuwe insig en begrip. We feel so much better as there is at least somebody who listens and tries to understand our problem. As a couple we communicate better with each other, and also with our families. Ek is nou heel op my gemak. Ek geniet dit om saam met u te werk. Ek voel vry om te gesels. Terapie is soos ‘n spiel – ek kyk daarin om myself regtig te leerken.