Ek het my oemf verloor (en weer teruggekry)

Hier voig ‘n opsomming van wat terapie vir my beteken het in ‘n kort tydjie en my lewe verander het sodat ek weer myself kan wees, vol lewenslus. Ek het Goeie Hoop Sieikundige Diens (GHSD) genader na ‘n gesprek met ‘n vriendin wat voorgestel het dat ek met iemand moet praat en ‘n ander vriendin het my na GHSD verwys, aangesien sy voorheen daar was en dit vir haar ook “nuwe moed” gegee het. My simptome wat my “bekommerd” gemaak het, was dat ek moeg bly, niks my meer opgewonde maak nie, ek het nie in beheer gevoel nie, en het soos ‘n swak ma en vrou gevoel. Ek het nie ‘n verantwoordelikheid sin en oemf gehad nie en wou altyd als vir die dag van more gelos het. Oorspronklik het die sielkundige gesê ek ly aan ligte depressie agv iets wat in my verlede gebeur het en die stres met my studies het dit “aangewakker”, maar hoe meer ek sy sessies bygewoon het, hoe meer het ons agtergekom dit is hoe ek situasies in my huidige omstandighede hanteer wat my depressief maak. Die sielkundige het my ‘n paar idees en voorstelle gegee om dinge/mense en my studies anders te hanteer en dit het wondere gedoen vir my gemoed. In die begin het ek opgesien daarna om die sessies by te woon en teen die einde het ek uitgesien om die sessies by te woon. Ek sal ook nie huiwer om in die toekoms weer ‘n afspraak met die sielkundige te reel indien ek dit sou nodig ag nie. Ek het verskeie sessies bygewoon en aan die einde myself opgesom as: ‘n Student, ‘n Eggenoot; ‘n Ma; ‘n Suster, ‘n Dogter, ‘n Sekretaresse, ‘n Sportiewe mens, ‘n Vriendin, ‘n Grapjas; ‘n Vertroueling en afgelei dat ek ‘n “amazing kombinasie” is, bevoorreg en geseend. Patricia Hewitt sê dit so mooi:”Ons herstel nie die verhouding deur te sit en te praat oor vertroue en die maak van beloftes nie. Wat vertroue herstel is om dit te leef en dinge verskillend te doen – en dit is wat die verskil maak. Bale dankie