A teenager’s prayer after an abortion

Here Die wêreld is so anders noudat ek ‘n tiener is, Dit voel vir my asof niemand meer dieselfde is nie – Dit is asof niemand my verstaan nie – soms verstaan ek myself nie eens nie! – Ek wens dat ek vir altyd klein kon bly. Tog sien ek ook uit na die grootmenswêreld wat wink. Ek is soms verward en hartseer, en net die volgende oomblik weer seker van myself en gelukkig. Ek is bang vir die nuwe, onbekende dinge en emosies wat op my afstorm. Help my tog, Here! Dankie dat ek weet: Met U by my kan ek my lewenspad met vertroue loop.