José Layman

Toe ek vroeër vanjaar vir die eerste keer hoor hoe José Layman iemand in nood op die telefoon hanteer, het haar geduldige luistervermoë en rustige antwoorde my diep geraak.

Hierdie boorling van Stellenbosch, getroud met Brandon Layman en ma van twee, Gené (19) en Jaydon (10), is sedert Januarie 2018 die kantoorbestuurder van GHSD (Goeie Hoop Sielkundige Diens) in Stellenbosch.

José is regsekretarieel gekwalifiseerd en het oor die jare ook kosbare werkservaring opgedoen in litigasie asook ten opsigte van ‘n wye verskeidenheid van administratiewe werk. Haar passie is egter om met mense te werk.

Behalwe dat sy hoofsaaklik verantwoordelik is vir die bestuur van GHSD se finansies en statistiek, is sy ook verantwoordelik vir menige ander take, soos die reël van werkswinkels, die opstel van verslae, die aansoeke van internskappe, ens .

José se passie is egter om met mense te werk; om op haar manier ‘n verskil in ons gebroke wêreld te maak – een persoon op ‘n keer. Sy put energie daaruit om met mense te werk.

Sy is ook dankbaar om met wonderlike kollegas te werk en het groot respek vir wat hul doen; dit is uitdagende werk wat nie deur enigeen hanteer kan word nie. Syself neem hierdie uitdagings dag vir dag op en vertrou op God vir wysheid, insig en krag daarvoor.

Kontak José Layman by ghps@telkomsa.net vir meer inligting.