Charlie is 'n sewejarige seun van Idasvallei (Stellenbosch) wat verwys is na ons sielkundige diens deur ‘n maatskaplike werker van Stellenbosch Kindersorg. Hy is verwys weens aggressiewe gedrag by die skool en huis in die afgelope jaar. Sy onderwyseres sê hy het goed gesosialiseer en angepas in die begin van verlede jaar maar sy gedrag het verswak soos wat die jaar aangegaan het. Sy sê by tree uiters aggressief op teenoor sy maats en dit is hierdie faktor tesame met die feit dat hy akademies swak vorder wat veroorsaak het dat hy graad I moes herhaal. Sy pleegmoeder rapporteer ook dat hy sy maats by die huis slaan en sy speelgoed breek uit frustrasie. Verder sê sy dat hy ‘n onseker kind is wat buitengewoon huilerig en emosioneel is by tye. Charlie se onderwyseres beweer dat by belangstelling verloor het in dinge wat hy normaalweg geniet en beskryf sy emosies as wisselva ... Read the full story[ + ] Read more stories