Die afgelope 28 jaar van my lewe was nie maanskyn en rose nie. Om die waarheid te sê, ek het ‘n pynvolle leeftyd agter die rug. Die nagmerrie het begin toe ek ses jaar oud was. Ek is verkrag. Dit was bitter moeilik, maar ek moes dit vat soos dit kom. Daarna wou ek nie meer met seuns speel nie, want ek was bang vir seuns en mans. Tog met die bystand van my ouers en onderwysers kon ek my skoolloopbaan suksesvol voltooi. Ten spyte van die trauma van vroeër was ek lus vir die lewe en het ek aan byna al die aktiwiteite by die skool deelgeneem. Dit was ‘n groot dag toe ek in 1997 gematrikuleer het. In 2000 is ek egter weer verkrag. Dié keer deur ‘n groep mans wat hulle as speurders voorgedoen het en wat my ‘n paar dae lank dopgehou het. Skielik het dit gevoel asof my lewe niks werd meer was nie. Ek het gedink aan selfmoord, maar het gewonder wat met my klein seuntjie sou ... Read the full story[ + ] Read more stories